10 dae gelede
Cops kry 21 kg drugs by B&B
'n Man is gearresteer nadat 21kg se dwelms in 'n B&B gevind is.  ~ Foto ter Illustrasie: Argief

COPS in Ekurhuleni het beslag gelê op 21 kg efedrien met ’n sluikhandelwaarde van R30 miljoen.

Efedrien is ’n bestanddeel wat voorkom in kokaïen en khat.

Die drugs is gevind in die kamer van ’n 43-jarige man by ’n bed and breakfast in Kempton Park, berig eNCA.

Die man is in hegtenis geneem op ’n klag wat verband hou met die besit van verbode middels.

Die polisie meen die besending was bestem vir aanlegte wat dwelms vervaardig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters