14 dae gelede
Cops gryp hijacker in hospitaal
kar
Die gekaapte kar waarin die verdagtes gevlug het.  ~ Foto Verskaf / SAPD

DIE polisie in Durban het 'n gewonde hijacker in 'n hospitaal opgespoor en hom daar gearresteer.

Die arrestasie spruit uit 'n voorval waarin 'n motoris Maandagmiddag in Overport deur drie gewapende mans van sy voertuig beroof is.

Die polisie en 'n privaat sekuriteitsmaatskappy het die drie agterna gesit waarna 'n skietgeveg tussen die polisie en verdagtes uitgebreek het.

Hulle het toe uiteindelik beheer verloor en teen geparkeerde voertuie langs die pad vasgery. Hulle het die voertuig agtergelaat en te voet gevlug.

Die aanvanklike ondersoek op die toneel het onthul dat een van die verdagtes gewond is. 'n 23-jarige man is later in 'n plaaslike hospitaal opgespoor waar hy vir koeëlwonde behandel is.

Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en sal in die Durbanse landdroshof verskyn sodra hy ontslaan word.

Lt. Genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die arrestasie verwelkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters