5 dae gelede
Cope ontken gerugte
Mosiuoa van wantroue? Cope sê daar gaan geen mosie teen sy leier, Mosiuoa Lekota, ter tafel gelê word nie.Foto: daily sun  ~ 

COPE is bewus van ’n radiostasie wat “rumours versprei” dat partylede ’n mosie van wantroue teen die partyleier, Mosiuoa Lekota, gaan indien.

Die party ontken dit egter.

“Dis rampspoedig dat (die radiostasie) besluit het om die rumour te versprei ten spyte daarvan dat ek dit duidelik gemaak het daar is geen gronde vir dié bewerings nie,” sê Papi Kganare, hoofsekretaris van Cope.

Kragtens Cope se grondwet kan enige een ’n mosie van wantroue teen ’n leier instel deur dit by die hoofsekretaris in te handig.

Hy sal dan die voorgestelde mosie aan die Congress se nasionale komitee voorlê.

Die komitee sal ’n ondersoekspan aanstel om die waarheid van die bewerings te ondersoek en dié span sal sy bevindinge aan die komitee rapporteer.

“Ten tyde van hierdie verklaring is daar geen mosie by my ingehandig nie en ek is verbaas oor die oorywerigheid (van die radiostasie) om met die storie voort te gaan asof dit ’n feit is,” sê Kganare voorts.

Cope sê hy is teleurgesteld dat die gerugte so swak hanteer is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters