4 maande gelede
Cop vir moord gevonnis
'n Polisieman is tronkstraf opgelê vir moord.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

'N POLISIEMAN van die Oos-Kaap is tronkstraf opgelê nadat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek tot sy skuldigbevinding in 'n moordsaaak gelei het.

Die polisieman het in Februarie 2017 'n man buite 'n tavern doodgeskiet en die toneel met sy diensvoertuig verlaat.

Ndileka Cola, Opod se direkteur van kommunikasie en bemarking, sê die polisieman en die oorledene het op die dag van die voorval 'n stryery by 'n tavern gehad waarna 'n bakleiery uitgebreek het.

Ander klante by die tavern het die bakleiery gestop, maar die polisieman het later teruggekeer toe hy besef dat hy gesteek is.

"Hy het die oorledene buite die hek van die tavern sien staan, hom doodgeskiet en toe die toneel met die polisievoertuig verlaat," sê Cola.

Opod het die saak ondersoek en aanbevelings aan die polisie en die nasionale vervolgingsgesag gemaak.

Die NVG het die polisieman, wat laas jaar afgedank is, krimineel aangekla en suksesvol vervolg. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters