5 dae gelede
Cop gefire ná seks in selle
Tronk
Die twee het na bewering in die selle seks gehad.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

'N COP van Noordwes is in die pad gesteek nadat hy 'n verhoorafwagtende gevangene swanger gemaak het.

Die gevangene is intussen tot 30 jaar tronkstraf vir moord gevonnis.

Luidens 'n verklaring het die twee na bewering in Oktober verlede jaar in die aanhoudingselle by die Stilfontein-polisiestasie seks gehad. Die vrou is voor 'n hofverskyning vanaf die Rooigrond-gevangenis daarheen geneem. 

Sy het in Maart 2021 uitgevind sy is swanger waarna die departement van korrektiewe dienste die voorval by die polisie aangemeld het. Geen strafregtelike klag is teen die polisieman gelê nie.

Lt. genl. Selle Kwena, provinsiale kommissaris, waarsku dat sulke onetiese gedrag, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens in oneer bring, nie geduld gaan word nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters