7 dae gelede
Chemie-student ontvoer om dwelms te maak
court gavel
'n Voormalige cop was onder drie mans wat tronkstraf opgelê is.  ~ 

'N OUDPOLISIEMAN is een van drie mans wat tronkstraf opgelê is nadat hulle drie jaar gelede 'n chemie-student ontvoer en hom gedwing het om vir hulle dwelms te maak.

Moleboheng Mohasoa (29), voorheen deel van die polisie se beskerming- en sekuriteitsdienste, Paki Kompi (31) en Napo Mohasoa (33) is 16 jaar tronkstraf opgelê. Hulle is skuldig bevind aan ontvoering en dwelmsmokkelary.

Kapt. Christopher Singo, 'n streekswoordvoerder van die Valke, sê die trio het die student in November 2016 ontvoer en gedwing om R10 000 se dwelms vir hulle te vervaardig.

"Die slagoffer wat 'n student aan die Universiteit van Vrystaat was, het die saak by die polisie aangemeld nadat hy uit die huis ontsnap het waar hy aangehou is," vertel Singo.

Die trio is daarna in hegtenis geneem en die dwelms is in 'n kluis gevind.

Hulle is op 28 Januarie 2021 skuldig bevind.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters