6 maande gelede
Champ se pa geskiet
Chris van Heerden
Chris van Heerden saam met sy pa, Daniël van Heerden.  ~ Facebook

DIE pa van ’n internasionale bokskampioen is Donderdag in ’n stryery met ’n sekerheidswag doodgeskiet.

Die Gauteng-polisie het bevestig Daniël Christoffel van Heerden (61), pa van die voormalige IBO-wêreldkampioen Chris van Heerden, is in ’n onderonsie in Meyerton geskiet. ’n Video van die voorval is wyd in die sosiale media versprei.

Die security sou vandag in die hof verskyn.

Op die video vat Van Heerden die sleutel van die wag se voertuig af.

Die polisie sê dis nog onduidelik hoekom dit gebeur het.

Die wag vat dan blykbaar ’n vuurwapen en stap na Van Heerden se voertuig, waar hy dan begin skiet. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters