14 dae gelede
Cele onseker oor Senzo se docket
Bheki Cele is nie seker waar die docket vir Senzo Meyiwa se saak is nie.  ~ Jonathan Lestrade

BHEKI Cele, die minister van polisie, is nie heeltemal seker oor waar die docket vir Senzo Meyiwa se moordsaak is nie.

Cele het gedink die docket is by die nasionale vervolingsgesag (NVG), maar Phindi Mjonondwane, 'n NVG-woordvoerder, sê dis by die kantoor van die polisiekommissaris.

Hoewel Cele nie weet waar die docket is nie, het hy nogtans aan eNCA gesê die polisie het 'n goeie job gedoen.

Meyiwa is vyf jaar gelede tydens 'n rooftog by sy girlfriend Kelly Khumalo se huis doodgeskiet.

AfriForum het Dinsdag aangekondig die hoof van sy privaatvervolgingseenheid, adv. Gerrie Nel, gaan die Meyiwa-familie verteenwoordig in die ondersoek van Senzo se dood.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê hul betrokkendheid by die saak is in die belang van die hele land. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters