12 dae gelede
Catzavelos moet ook in Griekse hof voorkom
Adam Catzavelos  ~ foto verskaf

DIE Johannesburgse sakeman Adam Catzavelos moet nou ook in 'n Griekse hof verskyn op klagte wat met rassistise video verband hou. 

Dié inligting het uitgekom toe Catzavelos Woensdag sy derde verskyning op 'n klag van crimen injuria in die Randburg-landdroshof gemaak het.

Die klagte teen Catzavelos hou verband met 'n video wat hy laas jaar op vakansie in Griekeland gemaak het, waarin hy die K-woord gebruik. 

Lawly Shein, sy prokureur, sê 'n datum vir sy hofverskyning in Griekeland, waar hy gaan teregstaan op klagte van diskriminasie en haat of geweld teen 'n groep mense, moet nog bevestig word.

Catzavelos se hof-kopseer begin nou eers omdat hy drie verskillende geregtelike prosesse in die gesig staar.

Die jongste saak sluit in 'n klag van die Menseregtekommissie (MRK).

Die datum vir die voorverhoor konferensie is op 5 Augustus.

Hy moet dan 29 Augustus weer in die hof verskyn.

Buang Jones, die MRK se Gauteng-voorsitter, sê Catzavelos wil die saak eerder buite die hof skik.

Jones sê Catzavelos is bereid om gemeenskapsdiens te doen. 

Hy voeg by dat Catzavelos vir tot R200 000 beboet kan word vir so 'n oortreding. - JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters