14 dae gelede
Buurlande skuld Eskom miljoene rande
Pravin Gordhan
Pravin Gordhan  ~ Foto Verskaf

DRIE buurlande van Suid-Afrika skuld Eskom altesaam R632 miljoen.

Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het in sy antwoord op 'n parlementêre vraag gesê Zimbabwe Electricity Supply Authority van Zimbabwe (Zesa) skuld die kragreus R322 miljoen, Zesco van Zambië skuld R221 miljoen en Electricidade de Mocambique skuld R89 miljoen.

Fin24 berig dat Eskom, wat 'n skuldlas van R450 miljard het, al vir jare sukkel om geld te verhaal wat aan hom geskuld word.

Eskom word ook R25 miljard deur Suid-Afrikaanse munisipaliteit geskuld.

Gordhan sê aan Fin24 die buurlande se energieverskaffers betwis nie hul skuld aan Eskom nie en blameer die ekonomiese uitdagings sowel as finansiële beperkings vir hoekom hulle nog nie hul skuld betaal het nie.

Hy sê Zesa het tans 'n betalingsooreenkoms aangegaan vir die vereffening van die skuld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters