9 dae gelede
Bushiri's 'het elk 5 paspoorte gehad'
Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary.  ~ Gallo Images

DIE selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Maria, het elk vyf Malawiese paspoorte gehad, het Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, Maandag aan die portefeuljekomitee oor binnelandse sake gesê.

Die Bushiri's is onlangs R200 000 borgtog toegestaan en het die naweek na Malawië gevlug. Hulle staan tereg op klagte van bedrog, geldwassery en diefstal ter waarde van R102 miljoen.

Motsoaledi het gesê hul advies was dat die Bushiri's as vlugrisiko beskou moet word en nie borgtog toegestaan moet word nie.

"Dit is alombekend dat ons landgrense oop is. Ons glo dat mense wat 'n vlugrisiko is, deur enige van ons grense kan gaan."

Motsoaledi het voorheen gesê daar is bewyse dat die egpaar die land met 'n besoekersvisum binnegekom het, maar dit gebruik het om besighede mee te begin.

- News24



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters