5 maande gelede
Burger, tjips en ’n skommel op menu
MASTUR D? Die driver speel met homself terwyl die klant verbouereerd wegstap.Skermgreep verskaf  ~ 

DIS nou wat jy noem behoorlik handuit ruk.

’n Driver van ’n afleweringsdiens is in die pad gesteek nadat ’n video van hom viral gegaan het waar hy voor ’n klant se huis staan en masturbeer.

Op die video oorhandig die vuil uil die vrou se kos.

Maar dan, terwyl sy wegstap, pluk hy sy move uit en begin met homself speel.

Die nommerplaat van die kar wys dis in Pietermaritzburg.

Talle Twitter-gebruikers het gal gebraak oor die video.

Die driver het egter met sy special delivery ’n lat gepluk vir sy eie gat.

Mr D Food het in antwoord op die affêre gesê: “Ons duld nie sulke soort gedrag nie.

“Ons het die driver geïdentifiseer en sy kontrak opgeskort.

Verseker

“Ons veroordeel die driver se optrede ten sterkste en vra verskoning aan die klant wat dit raak.

“Ons nasionale bestuur sal verseker dat so iets nooit weer gebeur nie.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters