13 dae gelede
Buitelanders in Kaap soek nou hulp by VN
Buitelanders
Buitelanders soek hulp van Verenigde Nasies  ~ Kaylynn Palm / EWN

BUITELANDERS in Kaapstad is so bang vir die geweld en xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika dat hul uit desperaatheid nou by die Verenigde Nasies skuilplek soek.

Daar word gehoop dat die buitelanders met die hulp van die VN na hul tuisland sal kan terugkeer.

Honderde buitelanders het Dinsdag buite die kantore van die VN se hoë-kommissais vir vlugtelinge in Kaapstad om hulp gepleit.

Onder die buitelanders was burgers van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Burundi, Somalië en Pakistan.

Ma's met babas het ook vir ure op die vloer gesit en vasklou aan hul dokumente, met die hoop om gehelp te word.

EWN berig 'n vrou van Burundi het die regering daarvan beskuldig dat hulle die lot van buitelanders ignoreer.

"Nie net in Johannesburg, waar onlangse xenofobiese aanvalle plaasgevind het nie, maar ook in Kaapstad."

Phumla Williams, 'n regeringswoordvoerder, het 'n beroep op die buitelanders en Suid-Afrikaners gedoen om in vrede te lewe.

Williams sê die Wes-Kaapse vlugtelinge forum het hulle van die in-sit van buitelanders by die VN gedistansieer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters