7 dae gelede
Broers ontvoer, beroof
Twee broers is in Boksburg-Noord ontvoer en beroof voordat hulle weer vrygelaat is.  ~ Foto ter illustrasie

DIE polisie in Boksburg het ’n manhunt begin nadat vyf gewapende verdagtes Saterdagaand twee broers gekaap en ontvoer het.

Die voorval. wat op kamera vasgevang is, het omstreeks 19:50 op Williams-weg, Beyers Park plaasgevind.

Op die video kan gesien word hoe die broers buite in die yard staan en ’n groep mans die perseel betree en albei broers in die kar gedwing het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder sê die verdagtes het weggekom met die broers se selfone en ’n onbekende bedrag geld.

Die slagoffers is in Tsakane, Ekurhuleni afgelaai.

Die polisie soek steeds na die verdagtes. -News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters