4 maande gelede
Brit in SA vasgetrek
BRANDON WILLIAMPYATTFoto: NCA  ~ 

NÁ 21 jaar op die vlug is ’n Britse misdadiger in Tshwane aangekeer.

Brandon William Pyatt­ (64) is jare gelede gedreig met regstappe nadat hy ’n foto van die Franse oud-sokkerster Eric Cantona op die labels van wyn en brandy gebruik het sonder Cantona se toestemming.

Tronkstraf

Pyatt is in Hatfield aangekeer nadat die polisie inligting opgevolg het dat iemand op Interpol se rooi lys in die omgewing is.

Die National Crime Agency in Brittanje het bevestig Pyatt het in 1998 in die Chester Crown Court tronkstraf van vyf jaar gekry vir bedrog en ander aanklagte.

Toe vlug hy, wat tot die manhunt van dekades gelei het.News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters