7 maande gelede
Breytenbach agter tralies
Willem Breytenbach
Willem Breytenbach  ~ Instagram

WILLEM Breytenbach is gearresteer.

Die voormalige Media24-diknek en oudonderwyser is by sy sielkundige se praktyk in Hartenbos opgelaai.

Die arrestasie kom nadat minstens 26 mans na vore gekom het met bewerings van seksuele aantygings teen Breytenbach.

Die mans het na vore gekom nadat Deon Wiggett, 'n kopieskrywer, hom op sy podcast My Only Story ontmasker het as die man wat hom as leerling verkrag het.

Breytenbach was toe nog 'n joernalis by Die Burger.

- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters