2 maande gelede
Breier loop hof vir rape
Steven Swarts en Wayde van NiekerkFoto: Foto24  ~ 

BLOEMFONTEIN. – Steven Swarts (42), atletiekafrigter en adjunk-president van Atletiek Vrystaat, het vir verkragting in die hof verskyn.

Swarts is ook die stiefpa van die Olimpiese atleet Wayde van Niekerk. Die klaagster is ’n vrou (21) wat hy afgerig het. Luidens Rapport ontken Swarts alles.

Volgens AO Lorraine Earle, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval op 25 Junie by die Eunice-meisieskool plaasgevind. Hy is uit op borgtog van R1 000 en moet weer op 3 Augustus verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters