MOTORISTE se reeds plat sakke gaan van vandag af nog platter wees met brandstof wat amper R17 per liter gaan kos.
Die departement van minerale en energie het bevestig dat ’n liter petrol nou R16,64 aan die kus kos en sowat R17 in die binneland.
Die prys van 93-oktaan styg met 95c en 95-oktaan kos R1 duurder.
Blokkade
Layton Beard, van die Automobiel Assosiasie sê brandstofpryse het so drasties verhoog omdat internasionale oliepryse gestyg het weens die swak rand wat lelik teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.
“Vanaf die begin van die maand word daar ook heffings van 27c bygesit op brandstofaankope.”
Luidens ’n verslag oor die drastiese verhogings van brandstofpryse, is daar onder meer genoem dat die reusevragskip Ever Given, wat onlangs dwars gedraai het en sodoende ’n blokkade in die Suezkanaal veroorsaak het, ook tot die verhoging bygedra het. – ENCA