2 maande gelede
Brand eis 3 vuurslaners
Jacob Mamabolo  ~ 

JOHANNESBURG. – Drie brandweermanne is dood in ’n staats­gebou wat hier aan die brand geslaan het.

Die Gautengse minister vir die ontwikkeling van infrastruktuur, Jacob Mamabolo, het die sterftes gister bevestig.

Twee brandweer­manne is dood nadat hulle in die brandende gebou vasgekeer was.

Die derde een het hom doodgeval terwyl hy besig was om die brand te probeer blus.

Al die werkers het die gebou verlaat. Dertien mense is hospitaal toe geneem vir behandeling. Dit lyk of ’n elektriese fout die brand op die 23ste vloer laat begin het. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters