10 dae gelede
Brakpan-moorde neem dalk surprise wending
Brakpan trippel moord
Brakpan trippel moord l  ~ iStock

DAAR blyk 'n surprise wending vandag in die Brakpan-gesinsmoord vandag te wees.

'n Ma van Sallies village in Brakpan het glo haar drie kinders vermoor voor sy hul woning aan die brand gesteek het en toe haarself geskiet het.

Die voorval het Woensdagmiddag omstreeks 5uur plaasgevind.

News24 berig dat die vrou se man, wie nie ten tye van die voorval by die huis was nie, daarin kon slaag om die brand te blus. Hy het toe sy vrou en hul drie kinders van 19, 17 en 10 jaar oud in die sitkamer met koeëlwonde van 'n 9mm vuurwapen gevind.

Die vuurwapen behoort aan hom. 

Netwerk24 berig die familie het 'n geskiedenis van gesinsgeweld.

'n Gemeenskapspolisiëringsforum-bron word aangehaal wie beweer dat die kinders bedwelm is voor hulle geskiet is. 

Die bron beweer verder: "Die vrou het haar man gevra vir geld vir klere vir die kinders. 

"Hy het haar die sleutels van die kluis gegee, en dit is hoe sy die vuurwapen gekry het."

Toe die polisie saam met die man in sy huis gaan om klere te kry, is dit in bokse wat weggepak was gekry.

Die polisie wag nog op die uitslae van wat die brand veroorsaak het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters