3 maande gelede
Brakpan-ma skiet kids, haarself
Brakpan Ma
Brakpan Ma skiet haar drie kinders en self dood  ~ iStock

'N MA van Sallies Village in Brakpan het Woensdagaand haar drie kinders doodgeskiet, hul huis aan die brand gesteek voordat sy haarself om die lewe gebring het.

Volgens kapt. Pearl van Staad, 'n polisiewoordvoerder, het die voorval om 17:00 plaasgevind.

Die kinders was 10, 17 en 19 jaar oud.

Van Staad sê die 9mm-vuurwapen wat gebruik is behoort aan die 40-jarige vrou se man. Die vuurwapen is langs haar liggaam gevind.

Hy was tydens die voorval by die werk.

Van Staad sê: "Die vrou het glo die sitkamer, waar die skietery plaasgevind het, aan die brand gesteek.

Die motief vir die skietery is nog onbekend. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters