3 maande gelede
Botsing eis 3-jarige
ongeluk: ’n Drie-jarige het in dié botsing gesterf. Foto: er24  ~ 

PIETERMARITZBURG. – ’n Driejarige meisietjie is gister­oggend dood toe twee karre teen mekaar gebots het.

Volgens ’n woordvoerder van ER24, Ineke van Huyssteen, is vyf ander mense ook in die ongeluk beseer. Die ongeluk het omstreeks 01:00 gebeur.

Paramedici van ER24 het op die toneel gekom en ander mediese dienste was reeds daar om te help.

“Die baba is buite een van die voertuie gekry.

“Ongelukkig het die baba weens haar beserings gesterf.

“Twee van die beseerdes was in een kar en drie ander beseerdes het buite op die gras gelê.

“Hulle het ligte tot matige beserings opgedoen.”

Volgens van Huyssteen het ER24 en ander mediese dienste mense op die toneel behandel en na hospitale vir verdere behandeling vervoer.

Dit is nog nie seker wat die oorsaak van die ongeluk was nie. Die polisie is besig met nadere ondersoek. – ER24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters