Verlede maand
Leerder vas ná tiener se suicide
dfd
Lufuno Mavhunga het haar eie lewe geneem.  ~ Argief

’N BOELIE van ’n skool in Limpopo is gearresteer nadat haar slagoffer haar eie lewe geneem het.

Die 15-jarige meisie is ’n leerder aan die Sekondêre Skool Mbilwi in Thohoyandou. Sy is op video opgeneem waar sy Lufuno Mavhunga, ’n medeleerder, op die skoolterrein rondklap.

Oordosis

Die voorval het Maandagoggend plaasgevind.

Brig. Motlafela Mojapelo, ’n polisiewoordvoerder, sê Mavhunga (ook 15) het na bewering die middag huis toe gegaan, haarself in haar kamer toegesluit en ’n oordosis pille gedrink.

Haar ma het haar bewusteloos gekry en geneem na die Siloam-hospitaal, waar sy by haar aankoms dood verklaar is.

Die onderwysdepartement in Limpopo is ook in die proses om die voorval te ondersoek.

Mavhunga se familie het intussen aan SABC News gesê hulle is verpletterd en wil nou net hê geregtigheid moet geskied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters