Verlede jaar
Boelie het ouers op hol
Boelie
’n Boelie by die Senior Primêre skool in Mpumalanga het die hele skool en ouers op hol.  ~ Bongani Mthimuye./Daily Sun

LEERDERS en onnies by Vulamehlo Senior Primêr in Mpumalanga dwaal in die strate rond, nadat ouers die skoolhekke verlede week gesluit het.

Die optrede deur die ouers gaan alles oor 'n 15-jarige seun wie nie net van die leerders boelie nie, maar ook onnies.

Dinge is so erg dat wanneer hy op die skool se perseel kom, die onnies en leerders hardloop om vir hom te skuil.

DailySun berig dat die boelie dra selfs 'n mes by hom op die skool. Nie net gebruik hy die wapen om onnies te dreig nie, maar ook om meisies te dwing om hom te soen.

Van die onnies kla dat hulle dit moeilik vind om so les te gee.

Weens die boelie het opvoeding by die skool in Vlaklaagte 1 naby Kwamhlanga tot stilstand gekom, toe woedende ouers die skool se hekke gesluit het.

Ouers sê daar sal net geen lesse wees voordat die boelie nie van die skool verwyder word nie.

Een van die onnies noem: " Dis hartseer. Ons kan hom nie eens tug nie, want die department wil nie hê dat ons leerders moet straf nie."

Die boelie woon by sy ouma en volgens 'n onnie is sy al telkens na die skool ontbied, maar woon nie meetings by nie.

Ouers by die skool het ook al maatskaplike werkers by die situasie betrek, maar selfs dit het nie gehelp nie.

Toe die polisie na die skool ontbied is het hulle net sy mes afgevat.

Jasper Zwane, 'n woordvoerder vir die provinsiale onderwysdepartement, veroordeel boelies op skole.

Hy sê hulle versoek die beheerraad om die gedragskode vir leerders af te dwing.

Zwane voeg by: "Die departement sal amptenare stuur om die beheerraad te ondersteun en orde by die skool te handhaaf." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters