13 dae gelede
Bloue vra vir bribe, kry tronkstraf
Interior of the Modelo prison in Barcelona, with m
'n Polisieman van Limpopo is vier jaar tronkstraf opgelê vir korrupsie.  ~ Getty Images

'N POLISIESERSANT van Limpopo is vir vier jaar tronk toe gepos nadat hy omkoopgeld van 'n verdagte geëis het.

Mahlora Harry Nchabaleng (37) van die Mankweng-polisiestasie is Donderdag in die Tzaneen-landdroshof gevonnis.

Kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, sê Nchabaleng moes in Oktober 2016 beweerde bedrog ondersoek wat verband gehou het met Shoprite se Money Market-diens by hul tak in die Paledi-winkelsentrum.

"Nchabeleng het die verdagte suksesvol opgespoor en pleks van hom arresteer, het hy R3 000 geëis om die ondersoek te laat ontspoor," sê Maluleke.

Die saak is by die Valke se eenheid teen ernstige korrupsie aangemeld en Nchabeleng is in Julie 2018 by sy werksplek op 'n klag van korrupsie gearresteer.

Maj. Genl. Thobeka Jozi, provinsiale hoof van die Valke, verwelkom die vonnis en sê hy hoop dit dien as waarskuwing aan ander polisielede wat by korrupte aktiwiteite betrokke is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters