Verlede maand
Bloedige einde vir ma en dogter
'n Ma en dogter van Noordwes se bebloede lyke is Saterdag in hul huis gevind.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE bebloede lyke van 'n 68-jarige vrou en haar dogter is in hul huis in Noordwes ontdek.

Volgens die polisie is die gru-ontdekking Saterdag in Lesethlheng Section gemaak.

Die ma se liggaam het in 'n plas bloed in die eetkamer gelê en die dogter (34) s'n in die bad.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die dogter se voete en hande was vasgebind.

Mokwabone sê 'n TV, 'n DVD-speler en selfone is uit die huis gesteel.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Lt. Genl. Sello Kwena, Noordwes se polisiekommissaris, het die moorde veroordeel.

Kwena het die gemeenskap gevra om kalm te bly en nie die reg in eie hande te neem nie.

Kwena het belowe die polisie sal alles in hul vermoë doen om die skuldiges te vang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters