8 dae gelede
Bloed by bakkie van 3 verskillende mans
Free State farm manager Brandin Horner
Two suspects have been arrested for the murder of Free State farm manager Brendin Horner.  ~ PHOTO: Facebook/Brendin Horner

BLOEDMONSTERS wat van die bakkie van Brendin Horner geneem is behoort aan drie mans.

Sò het die hof Vrydag gehoor in die saak van die vermoorde plaasbestuurder van Paul Roux in die Vrystaat.

Die inligting het aan die lug gekom tydens die borgaansoek van Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle die 21-jarige Horner op 1 Oktober dood verwurg het.

Die staat staan borgtog teen en het een van die ondersoekbeammptes, kapt. Gerhardus Myburgh geroep om te getuig.

Myburgh het aan die hof vertel dat Horner steekwonde aan die kop, skouers, arm en hande gehad het, maar dat die oorsaak van dood verwurging is.

News24 berig die kaptein het ook aan die hof vertel met sy arrestasie is bebloede kledingstukke en 'n paar skoene by Mahlamba se woning gekry, en dat klere wat gewas is by Matlaletsa gevat was en vir forensiese ontleding gestuur is.

Myburgh het ook aan die hof genoem dat bloed is ook van binne en buite Horner se bakkie geneem. Die bakkie was sowat 13 km van waar sy liggaam gevind was.

Die uitslae van hierdie bloedmonsters onthul dat dit van drie verskillende mans is.

Vingerafdrukke van die bakkie word nog ontleed en vergelyk met die van die beskuldigdes.

Mahlamba, wie ook getuig het, het gesê hy weet niks van Horner se moord nie.

Hy beweer hy was die aand van die moord by sy meisie.

Die staat beweer egter dat sy meisie sê dat hulle bed toe is maar toe sy later wakker skrik was Mahlamba weg en het hy eers vroeg die Vrydagogged by die huis gekom.

Die saak in die landdroshof op Senekal is tot 20 Oktober uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters