16 dae gelede
BLF se aansoek misluk
IEC
Andile Mngxitama  ~ Lindile Mbontsi

BLACK First Land First (BLF) is nou amptelik as politieke party gederegistreer.

Dit kom nadat die Kieshof Maandag die BLF se aansoek, om daarteen te appelleer, verwerp het.

Ingevolge die Wet op die Verkiesingskommissie mag die Onafhanklike Verkiesingskommissie nie politieke partye registreeer wat mense op grond van ras, velkleur en etnisiteit uitsluit nie. 

Die BLF se grondwet sê self dat slegs swart mense lede van die party kan wees.

Hulle het egter in hulle appèl aangevoer dat die bewoording in die grondwet verkeerd verstaan is en dat mense van ander rasse as swart beskou kan word.

Pieter Groenewald, leier van die Vryheidfront Plus, sê die deregistrasie van die BLF as politieke party is 'n oorwinning vir die hele Suid-Afrika omdat die rassehaat en onverdraagsaamheid, waarvoor die leier Andile Mngxitama en sy trawante gestaan het, nie geduld mag word nie. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters