9 dae gelede
Black Friday heelwat rustiger
TV
Kopers het vanjaar weer reguit afgepyl op die TV's.  ~ Jonathan Lestrade

BLACK FRIDAY blyk vanjaar heelwat rustiger te wees.

Hoewel daar steeds hordes mense na winkels gestroom het vir specials, is daar sover geen tekens van winkels wat beskadig is nie.

Soos in vorige jare was daar wel 'n paar mense wat op die grond beland het. In een video is selfs 'n sekuriteitswag omgehardloop.

Kopers het veral rustig by Game ingestap. Die meeste het vir TV’s gegaan.

Andrew Stein, tussentydse uitvoerende hoof van Massmart, wat Game besit, sê aan Eyewitness News dinge het seepglad verloop by betaalpunte.

Stein sê hulle berei al heel jaar voor vir Black Friday.

Game is een van die winkels wat al hul deure middernag oopgemaak het. 

Stein sê hulle het gekies om middernag oop te maak omdat hulle daarvoor bekend is en hul klante dit van hulle verwag.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters