Verlede maand
Beweringe is toe waar
adjunkhoofregterRaymond Zondo Foto: netwerk24  ~ 

’N ONDERSOEKER van die staatskapingskommissie het gister getuig talle van die skokbewerings is waar.

Richard le Roux, ’n voormalige werk­nemer van Bosasa, het vroeër getuig dié maatskappy het betaal vir safety upgrades by Gwede Mantashe se private huise.

Mantashe, die ANC-voorsitter en minister van minerale hulpbronne, hou vol dié beweringe is vals.

Gister het Patrick Mlambo, ’n onder­soeker van die kommissie, getuig Le Roux was reg.

Oorgebly

Mlambo het Mantashe se wonings in die Oos-Kaap besoek en daar alles gekry waarvan Le Roux getuig het.

Hy het voor adjunkhoofregter Raymond Zondo getuig hy het kameras aangetref op die plekke wat Le Roux beskryf het. Hy het ook gesê Le Roux en sy kollegas hét by ’n lodge oorgebly toe hy die opgraderings gaan doen het.

Le Roux en die span is in die Intaba Lodge in Elliot gehuisves. In­voices bewys dit, het Mlambo gesê. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters