4 maande gelede
Bewaarder ‘skiet vriend, homself’
'n Bewaarder het na bewering sy vriend en toe homself geskiet.  ~ Foto ter illustrasie

'N BEWAARDER van Mpumalanga het op Paassondag na bewering eers sy vriend buite 'n tavern geskiet waarna hy die vuurwapen op homself gedraai het.

Die oorledenes is as Ralph Hlophe en Chris Mkonto geïdentifiseer.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die voorval het buite 'n tavern in Barberton plaasgevind. 'n Vuurwapen is langs een van die mans op die toneel gevind.

Mdhluli sê volgens inligting het 'n groep mense buite die tavern gestaan, insluitend 'n bewaarder en sy vriend.

"Daar word gesê die bewaarder het sy privaat vuurwapen by hom gehad. Hy het toe na bewering sy vriend geskiet waarna hy die vuurwapen op homself gedraai het."

Die motief vir die moord is nog onbekend. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters