Verlede maand
Vrou in ’n tronk ná seksvideo afgedank
Die bewaarder in die video is afgedank.  ~ Foto Verskaf

DIE bewaarder wat met ’n gevangene seks gehad het, is ná ’n dissiplinêre proses afgedank.

So ook die kollega wie se kantoor hulle gebruik het.

Die seksvideo wat in die Ncome-gevangenis in ­KwaZulu-Natal gemaak is, is onlangs in die sosiale ­media gedeel.

Luidens ’n verklaring van die departement van ­korrektiewe dienste (DKD) is die gevangene óók ­gestraf.

Hy is na ’n ­maksimum-fasiliteit ­oorgeskuif en het van sy voordele ­verloor.

Nagevolge

Die DKD sê ná sy aankondiging dat hy ­ondersoek instel, was dit vir hom belangrik om dit deeglik te doen en die saak spoedig af te ­handel.

Dit was ook ­belangrik om ­regstellende maatreëls toe te pas.

Die DKD het beklemtoon dat seksdade en ­verhoudings tussen ­beamptes en ­gevangenes nie ­geduld sal word nie.

Die gedragskode is ­duidelik daaroor en dié wat dit oortree, sal die ­nagevolge dra, belowe die departement. – The ­Witness

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters