7 dae gelede
Beurtkrag tot Sondag verleng
load shedding
Eskom het noodgedwonge besluit om beurtkrag tot Sondag te verleng.  ~ Foto ter illustrasie: Daily Sun

BEURTKRAG sal vanaf vandag tot Sondag 22:00 voortduur, het Eskom aangekondig.

Die verlenging van beurtkrag is weens 'n vertraging om eenhede by Kusile, Tutuka, Duvha, Kendal en Koeberg weer aanlyn te kry.

News24 berig eenheid 1 by Koeberg is ook steeds offline nadat dit in Januarie vir instandhouding afgeskakel is. Dit moes vandeesmaand weer aanlyn gekom het, maar het nog nie gebeur nie. 

Eskom sê in 'n verklaring beurtkrag is nodig om ook hul noodreserwes aan te vul.

Suid-Afrikaners word verder aangemoedig om kragverbruik gedurende die wintermaande tussen 17:00 en 22:00 te verminder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters