18 dae gelede
Beurtkrag tot Donderdag
loadshedding
Photo Credit: Daily Sun  ~ 

SUID-AFRIKA begin die naweek met slegte nuus!

Eskom het vroeg Vrydagaand aangekondig dat beurtkrag fase-2 nie net die naweek sal voortduur nie, maar tot 05:00 Donderdagoggend verleng sal word.

"Die beurtkrag is nodig om noodreserwes op te bou en die bykomende risiko van opwekking aan te spreek." 

Die kragreus noem ook dat daar hard gewerk word om 'n aantal opwekkingseenhede wat buite-werking is in diens te neem.

In 'n verklaring noem Eskom dat terwyl daar aandag gegee is aan vier eenhede by Tutuka is daar ook lekkasies oor 'n kortperiode ervaar.

"Noodreserwes is verder ook opgebruik weens opwekkingseenhede wat buite-werking is by elk van die Kusile, Komati en Hendrina-kragstasies." 

Daar was wel bietjie verligting met 'n eenheid by Majuba wat weer ingebruik geneem is.

Click hier vir jou Eskom-beurtkragskedule of raadpleeg jou munisipale-beurtkragskedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters