Verlede maand
Beurtkrag terug die naweek
loadshedding
Photo Credit: Daily Sun  ~ 

HAAL maar die kerse uit want beurtkrag is terug

Eskom het Saterdagmiddag aangekondig dat hy fase-2-beurtkrag weer vanaf 21:00 Saterdag tot 05:00 Maandag sal toepas.

"Die beurtkrag is weens 'n fout by 'n opwekkingsenheid by elk van die Kusile, Medupi en Arnot-kragstasies en 'n vertraging met die heraanskakeling van 'n eenheid by Tutuka-kragstasie."

Volgens Eskom kan beurtkrag vroeër toegepas word indien druk toeneem op die netwerk.

Die kragreus het ook 'n beroep op landsburgers gedoen om krag spaarsamig te gebruik, en nie noodsaaklike items af te skakel.

Click hier vir jou beurtkragskedule, om te sien of en wanneer jou gebied geraak word of raadpleeg jou munisipale-beurtkrag skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters