7 dae gelede
Beurtkrag na fase-4 verhoog
Eskom gaan beurtkrag tot vanaand 22:00 na fase-4 verhoog.  ~ Reuters

ESKOM gaan beurtkrag tussen 14:00 en 22:00 na fase-4 verhoog.

Dit sal na 22:00 weer na fase-2 verlaag.

Die besluit kom nadat die kragreus vroeër vandag aangekondig het beurtkrag gaan tot Sondag 22:00 voortduur.  

Die verhoging van beurtkrag is weens 'n eenheid by die Medupi- en twee by die Duvha-kragstasie wat onklaar geraak het.

Volgens Eskom is fase-4 nodig om die oorblywende noodreserwes, wat reeds uitgeput is, te rantsoen.

Die noodreserwes is nodig om op verdere emergencies te reageer om die nasionale kragnetwerk te stabiliseer.

Altesaam 15 087MW is tans weens breakdowns verlore terwyl 1 273MW weens beplande instandhouding onbeskikbaar is.

Eksom sê sulke beperkings kan vir die voorsienbare toekoms voortduur. Suid-Afrikaners word weer gewaarsku om kragverbruik te verminder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters