12 dae gelede
Beurtkrag 'n risiko vir pasiënte op suurstof
oxygen
Beurtkrag hou 'n risiko in vir mense op suurstof.  ~ Foto ter illustrasie: Pixabay

BEURTKRAG kan gevaarlik wees vir pasiënte wat suurstof by hul huise ontvang.

Weems Covid-10 en die druk op hospitale het baie pasiënte verkies om tuis versorg te word.

SABC berig meeste pasiënte het nie back-up krag om hul suurstofmasjiene te bestuur tydens kragonderbrekings nie.

Prof. Guy Richards het aan SABC gesê dit is noodsaaklik vir diegene met lae suurstofvlakke om te verseker dat hul masjiene aanbly om te verhoed dat hul toestand vererger of selfs hul dood veroorsaak.

"As 'n pasiënt met Covid-19 is die suurstofvlakke baie laag en as hul suurstof skielik onttrek word, kan hulle sterf.

"Wat pasiënte met emfiseem betref, beveel ons aan dat die suurstof langer as 15 uur per dag gebruik word."

Richards verduidelik dat daar wel tydperke is waar die pasiënte sonder suurstof kan klaarkom sonder die nodige nadelige gevolge, maar voeg by dat sommige pasiënte "suurstofhonger" is.

"Dit beteken dat hulle uiters kortasem is as hul suurstof verwyder word. 

"Die pasiënte is diegene wat die meeste ly en kan ernstige gevolge hê soos die dood of hartritmestoornisse of iets dergeliks."

Richards meen dis vir die suurstofhongerpasiënte, wat kragonderbrekings 'n ernstige risiko inhou. - SABC News


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters