Verlede maand
Beurtkrag is terug
kers
Beurtkrag is terug  ~ Verskaf

BEURTKRAG is terug, met fase 2 wat van 21:00 Dinsdagaand tot 05:00 Woensdagoggend geïmplementeer.

Eskom noem dit is weens 'n tekort aan opwekkingskapasiteit.

Die terugkeer van drie opwekkingseenhede word ook vertraag, terwyl drie ander in die dag getrip het.

Volgens die kragreus het die opwekkingseenhede by Titka en Kendal getrip, terwyl die Komati-eenheid afgeskakel is.

Tans is daar 4 775MW op beplande instandhouding en 'n verdere 12 699MW nie beskikbaar weens vertragings en breakdowns.

Eskom sê die beurtkrag is nodig om die noodreserwes aan te vul.

Intussen het die staatsbeheerde-instelling ook 'n beroep op landsburgers gedoen om krag spaarsamig te gebruik.

Click hier vir jou beurtkrag skedule of raadpleeg jou munisipale skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters