28 dae gelede
Beurtkrag is terug
Load shedding
 ~ 

LOAD SHEDDING is terug!

Suid-Afrikaners kan gereed maak op beurtkrag fase 2 vir Sondag, vanaf 08:00.

Dit kom nadat Eskom aanvanklik Vrydagmiddag 12:00 beurtkrag weer in die land begin toepas het. 

Die kragreus kon Donderdag daarin slaag om die ligte aan te hou, maar toe ook reeds gewaarsku het oor die moontlikheid van beurtkrag vir Vrydag.

Die staatsbeheerde-instelling het Saterdag vanaf 09:00 tot net na 22:00 beurtkrag toegepas.

In 'n verklaring sê Eskom: "Alhoewel van die krageenhede na verwagting teen Vrydagaand weer indiens sal wees is die beurtkrag Saterdag nodig om noodkrag-reserwes te bou. Dit is om beter voor te berei vir die komende week.

"Weens die koue weer het die vraag na elektrisiteit ook toegeneem," lees 'n verklaring.

Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het Vrydagoggend genoem: "Die beurtkrag is weens kragopwekker-eenhede wat af is."

Suid-Afrika het sedert die begin van lockdown einde Maart geen beurtkrag ervaar nie. Beurtkrag is wel in sekere plaaslike gebiede in die land, veral in Gauteng, toegepas in wat Eskom noem kragvermindering.

Click hier vir beurtkrag skedules.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters