9 maande gelede
Eskom sit weer die ligte af
 ~ 

DINGE lyk al hoe donkerder, met Suid-Afrikaners wat sal moet op stock met die kerse.

Donderdagmiddag het Eskom skielik aangekondig dat beurtkrag fase twee implimenteer, wat later die dag tot Vrydagoggend verleng is.

Vrydagoggend het die elektrisiteitsverskaffer aangekondig dat beurtkrag vanaf 9uur tot Saterdagoggend geimplimenteer sal word. Kort voor 1uur is dit opgeskuif na fase 2 beurtkrag.

In 'n verklaring sê die kragreus beurtkrag moet toegepas word weens 'n tekort aan kapasiteit.

Beurtkrag hierdie week kom nadat daar vir 27 dae geen beurtkrag was nie en die regering se Twitter-account in September getwiet het geen beurtkrag word vir die somer verwag nie. 

beurtkrag skedule

Son probeer by bly met wanneer jou area geraak word en het hierdie maandelikse schedule vanaf Eskom.

Laai die skedule hier af: LOAD SHEDDING en volg wanneer jou area geraak word, deur die volgende stappe te volg:

1. Weet watter fase is geimplimenteer

2. Kies langs die stage blokkie die regte fase

3. Kies jou munisipaliteit/dorp.

4. Kies die omgewing in jou munisipale-grense/dorp

5. Kyk onder die dag van die maand watter tyd jy geraak word.


ONTHOU: As dit fase 1 load shedding is, is net nommer 1 van toepassing. As dit fase 2 load shedding is word jy geraak die tyd waar nommer 1 en 2 staan. Met fase 3 word jy geraak die tyd waar nommers 1, 2 en 3 is.

Hierdie skedule is nog slegs vir die Wes- en Suid-Kaap.


Die Oos- en Noord-Kaap, en res van die land, kan die Eskom link gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters