4 dae gelede
Beurtkrag is terug
aanhouer: Ashwinn Johnson (12) sê beurtkrag sal hom nie weghou van sy boeke nie. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ESKOM het Donderdagaand skielik aangekondig dat beurtkrag fase twee vanaf 22:00 tot Vrydagoggend 05:00 weer geimplimenteer sal word.

In 'n verklaring sê die kragreus hulle het drie addisionele generation units verloor en moes noodreserwes gebruik om by te hou met die aanvraag gedurende die dag.

Eskom het vroeër die week reeds begin hint dat beurtkrag 'n moontlikheid is, maar dit was nie 'n uitgemaakte saak nie.

Die kragreus het Vrydagoggend gesê die kragstelsel is steeds kwesbaar en dat daar 'n hoë risiko is vir verdere beurtkrag later die dag.

Luidens 'n verklaring het Donderdag se beurtkrag gehelp om hul noodhulpbronne gedeeltelik te herstel en om hulle deur die nag te dra.
BEURTKRAG SKEDULE

Son probeer by bly met wanneer jou area geraak word en het hierdie maandelikse schedule vanaf Eskom.

Laai die skedule hier af: LOAD SHEDDING en volg wanneer jou area geraak word, deur die volgende stappe te volg:

1. Weet watter fase is geimplimenteer

2. Kies langs die stage blokkie die regte fase

3. Kies jou munisipaliteit/dorp.

4. Kies die omgewing in jou munisipale-grense/dorp

5. Kyk onder die dag van die maand watter tyd jy geraak word.

ONTHOU: As dit fase 1 load shedding is, is net nommer 1 van toepassing. As dit fase 2 load shedding is word jy geraak die tyd waar nommer 1 en 2 staan. Met fase 3 word jy geraak die tyd waar nommers 1, 2 en 3 is.

Hierdie skedule is nog slegs vir die Wes- en Suid-Kaap.

Die Oos- en Noord-Kaap, en res van die land, kan die Eskom link gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters