Verlede maand
Beurtkrag duur voort
Load shedding
 ~ 

DIE WEEK het skaars begin of Eskom het alreeds seker gemaak jou Maandag gaan nie goed verloop nie.

Die kragreus het Sondagmiddag aangekondig dat beurtkrag Maandag sal voortduur.

In 'n verklaring word verduidelik dat fase-1 beurtkrag Sondag vanaf 23:00 tot Maandagoggend 05:00 geimplimenteer sal word.

Vanaf Maandagoggend 05:00 sal fase-2 beurtkrag weer geimplimenteer word.

"Dit word ongelukkig gedoen weens 'n vertraging in van die opwekkingseenhede wat weer ingebruik geneem moet word en die behoefte om nood-opwekkingsreserwes te bestuur.

"Die kragnetwerk bly kwesbaar en 'n update sal weer Maandag gegee word."

Die staatsbeheerde-instelling kon wel oor die naweek 'n opwekkingseenheid by elk van die Kriel, Grootvlei en Duvha-kragstasies ingebruik neem.

Die gebruik van twee opwekkingseenhede by Kusile kragstasie, wat nie verlede week beskikbaar was nie, word egter vertraag. 

Eskom sê: "Dit is weens uitdagings met die restart van die eenhede en sal na verwagting more in diens geneem word."

Click hier vir jou beurtkrag skedule of raadpleeg jou munisipale skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters