23 dae gelede
Beurtkrag duur voort
Eskom sê beurtkrag sal Maandag en Dinsdag voortduur, met 'n groot moontlikheid van op load-shedding ook vir Woensdag  ~ 

ESKOM beurtkrag sal Maandag en Dinsdag voortduur.

In 'n verklaring sê Eskom dat fase-1-beurtkrag Maandag tussen 08:00 en 16:00 toegepas sal word. Dit sal skuif na fase-2-beurtkrag tussen 16:00 en 22:00.

"Die patroon sal homself herhaal op Dinsdag en daar is ook 'n moontlikheid vir Woensdag.

"Die kragnetwerk is onbetroubaar en onvoorspelbaar. Sou daar dus enige veranderinge wees, sal dit vroegtydig gekommunikeer word."

Die kragreus het fase-1-beurtkrag Sondagmiddag begin toepas, dit nadat daar aanvanklik genoem is fase-2 sou vantoepassing wees die naweek.

Die staatsbeheerde-instelling sê: "Load-Shedding was noodsaaklik die naweek om die nood-opwekking reserwes te vul, wat gedurende die week opgebruik is.

Daar word ook verwag dat opwekkingseenhede wat tans buite-werking is oor die volgende paar dae weer ingebruik geneem sal kan word, wat met die aanvraag na elektrisiteit sal kan help.

Intussen word daar steeds 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters