2 maande gelede
Betogings: Geboue afgebrand, 18 vas
Betogers gearresteer  ~ Foto ter illustrasie

DIE polisie in Noordwes het 18 mense gearresteer in verband met gewelddadige betogings.

Dit kom ná die munisipale kantore in Letsopa naby Ottosdal Woensdag afgebrand en ander eiendom beskadig is.

Brig. Sabata Mokgwabone, 'n polisiewoordvoerder, sê lede van die Letsopa-gemeenskap het paaie met brandende tyres, klippe en ander voorwerpe afgesper.

"Die inwoners is ongelukkig oor dienslewering. Munisipale kantore asook twee munisipale trokke en 'n trekker is in die proses aan die brand gesteek," sê Mokwabone.

"Nadat betogers gekeer is toe hulle die hofgebou wou beskadig, het hulle 'n polisievoertuig met klippe gegooi en beskadig.

Die R501-pad tussen Ottosdal en Delareyville, sowel as die pad tussen Ottosdal en Sannieshof, is sedert 04:30 Woensdag al toe vir verkeer.

Die polisie se eenheid vir openbare orde monitor steeds die gebied. - Timeslive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters