13 dae gelede
Besorgde bure ontdek lyk in shack
dffd
Die vlak graf binne die shack waarin die vrou begrawe was.  ~ Foto Verskaf / SAPD

’N MAN van Polokwane verskyn Maandag in die hof vir moord nadat sy vrou se lyk in ’n vlak graf gevind is.

Inwoners het Woensdagaand gehoor hoe die couple stry en bekommerd geraak toe hulle die volgende dag geen bewegings om die woning sien nie.

Hulle het toe self ondersoek ingestel. Met die intrapslag het hulle bloedmerke gesien en ’n slegte reuk het in die lug gehang.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring nadat die inwoners geen antwoord gekry het nie, het hulle die deur van die shack oopgedwing en toe op die vlak graf afgekom.

Die polisie is onmiddellik ontbied en die lyk van die 53-jarige vrou is opgegrawe. Die 32-jarige verdagte het hom die Vrydag self aan die polisie oorgegee.

Mojapelo sê die motief vir die moord is nog onbekend, maar gesinsgeweld kan nie uitgesluit word nie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale kommissaris, veroordeel die voorval ten sterkste.

“Die arrestasie van die verdagte en die optrede van die plaaslike inwoners moet geloof word en moet aan oortreders wat geslagsgeweld en vrouemoorde pleeg ’n duidelike boodskap stuur dat daar geen plek is om weg te kruip nie,” waarsku Ledwaba.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters