5 maande gelede
Bel die polisie part 2
kyalami-estate
Skermgreep van geweldadige bakleiery in Kyalami-estate.  ~ 

DAAR is ‘n “Bel die polisie part 2”.

In ‘n nuwe video op sosiale media is ‘n groep inwoners van Kyalami-estate in Midrand. Van die inwoners is kaalbolyf, wat met swaarde in BMW’s in die straat baklei.

Kykers kan onder meer sien hoe ‘n man kaalbolyf ‘n ander man met ‘n skerp voorwerp, wat soos ‘n swaard lyk, aanval. 

Die twee rol ook op die grond soos hulle mekaar bykom met die vuis.

In die agtergrond kan ‘n vrou gehoor word wat skree: “Hy’t ‘n mes, Hy steek hom met ‘n mes!”

Daar is ook ander mense wat in die agtergrond gesien kan word wat probeer om die street fight te stop. Dan skielik maak nog kaalbolyf mans hul verskyning met wapen en daar is sels een wat op die grond is met bloed in die gesig.

TimesLive berig terwyl van die mans in hulle BMW klim, kan die een gehoor word wie skree: “Kry my gun, kry my gun.”

Kapt. Mavela Masondo, ‘n polisiewoordvoerder, sê: “Die rede vir die geveg is nog onbekend.

“Die klag oor die saak is ook teruggetrek.”

Suid-Afrikaners het intussen gespot op sosiale media dat hierdie ‘Bel die polisie deel twee is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters