13 dae gelede
Beheeraanklaer vas vir bedrog
'n Beheeraanklaer is op 'n klag van korrupsie gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

’N BEHEERAANKLAER is Dinsdag in Standerton in Mpumalanga, tydens ‘n intelligensie-operasie op 'n klag van korrupsie en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.

Brig. Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, sê die aanklaer het na bewering omkoopgeld gevra in ruil daarvoor dat sake teruggetrek of van die hofrol geskrap word.

“Die polisie het inligting, wat ingesamel is, opgevolg en die verdagte se aktwiteite dopgehou. Daar is Dinsdag op hom toegeslaan nadat hy ‘n onbekende bedrag kontant van ‘n verdagte ontvang het, in ruil dat hy ‘n saak sal terug trek.” 

Hlati voeg by dat die verdagte met die kontant op hom gevang is.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Standerton-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel