3 maande gelede
Bedrieërs vat klomp vir ’n apie
kanada se vlagFOTO VERSKAF  ~ 

’N KLOMP Suid-Afrikaners wat aansoek gedoen het vir werk in Kanada, het duisende rande weens scams verloor.

Só ’n slenter het een gesin omtrent R100 000 uit die sak gejaag.

Die bedrieërs belowe mense kan (teen ’n prys) werk kry in Kanada of daarheen emigreer, maar dan word die mense lelik ingeloop.

Ander gesinne het tot soveel as R80 000 aan “konsultasieagentskappe” betaal wat werk “waarborg” in plekke soos Vancouver, Toronto en Mon­treal en verblyf verskaf.

Nicholas Avramis van Beaver Immigration Consulting sê mense probeer desperaat uit die land padgee – en dít maak hulle perfekte teikens.

Skaam

“As die Kanadese regering uitvind jy het by die agentskappe aansoek gedoen vir werk, sal hulle jou afkeur.”

Avramis sê as jy erken jy was met ’n scam deurmekaar – al was jy ’n slagoffer – sal jy ook nie sommer ’n visa kry om die land te besoek nie.

Volgens hom is mense ook soms te skaam om te sê hulle is ingeloop.

Avramis glo die bedrog is groter en beloop tot miljoene rande. Mense val steeds vir die slenters, al waarsku die Kanadese regering aansoekers teen bedrieërs. – Business Insider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters