3 maande gelede
Bathabile bedank ook as LP
Bathabile Dlamini Foto: Leon Sadiki/Gallo Images  ~ 

BATHABILE Dlamini, president van die ANC Vrouliga, het die jongste senior partyleier geword om as lid van die parlement te bedank.

Sy sluit haar nou aan by ander voormalige minister Siyabonga Cwele, Jeff Radebe, Thokozile Xasa, Dipuo Letsatsi-Duba, Makhosini Nkosi en Nomaindia Mfeketo wat ook hul bedankingsbriewe ingedien het.

Dlamini het voor die verkiesing as minister van vroue in die presidensie gedien.

Sy was een van die omstrede name op die ANC se lys van candidate vir die parlement. Die party is kwaai gekritiseer toe hulle geweier het om haar naam te verwyder. – News24.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters