4 maande gelede
Batchelor se selfoon op toneel gesteel
Marc Batchelor
Marc Batchelor  ~ orlandopiratesfc.com

'N BEKENDE privaat ondersoeker en skuldinsamelaar van Johannesburg, is van regsverydeling aangekla nadat hy die voormalige Orlando Pirates- en Kaizer Chiefs-speler, Marc Batchelor, se selfoon op die moordtoneel gevat het.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini, 'n polisiewoordvoerder, sê aan News24 daar is inligting van die selfoon verwyder.

Volgens News24 is die man Vrydagaand by die Brixton-polisiestasie aangehou en sou Maandag in die hof verskyn.

Polisieondersoekers het vasgestel dat Batchelor se selfoon missing was nadat hy laas Maandag buite sy huis in Olivedale geskiet is.

Die privaatondersoeker het glo in besigheid met Batchelor.

Dlamini sê niemand is nog in verband met die moord gearresteer nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters